Ametis Aftreeoord

4 Gordon’s Bay Drive, Strand, 7140 ,South Africa
Share
Send Message

Details

TO DIVERT TO THE ENGLISH VERSION OF THIS LISTING CLICK HERE

AKTE VAN OPRIGTING (MOI)

Die Strand-Naastediens NPC is ‘n Nie-Winsgewende Maatskappy geregistreer in Suid-Afrika in 1969. Dit word beheer deur ‘n Raad van Direkteure wat saamgestel word volgens erkende en toepaslike riglyne saamgevat in ‘n Akte van Oprigting. 

Die Wet definieer die Akte van Oprigting (MOI) as 'n dokument wat die regte, pligte en verantwoordelikhede van aandeelhouers, direkteure en ander ampsdraers binne en met betrekking tot 'n maatskappy uiteensit. Dié Wet bepaal hoe ‘n Maatskappy funksioneer, gestruktureer en ook beheer word.

Die Akte van Oprigting is beskikbaar vir ter insae in die Algemene Bestuurder se kantoor.

BESIGHEIDSMODEL

Die Strand-Naastediens NPC se besigheidsmodel is gebaseer op die betaling van ‘n deposito deur ‘n voornemende inwoner wat as bespreking dien en wat aan hom/haar ‘n verblyfreg gee wanneer hy gereed is om die oord te betrek. Dit is onderhewig aan die beskikbaarheid van ‘n eenheid van die betrokke tipe soos deur die inwoner gekies by aansoek. Wanneer ‘n voornemende inwoner intrek in die betrokke oord, verander sy status en word hy ‘n huurder van die eenheid wat aan hom/haar toegeken is, waarvoor ‘n heffing (in plaas van huur) maandeliks van hom verhaal word om die lopende onkostes te dek.

Die deposito wat betaalbaar is deur voornemende inwoners, plaas hom/haar op die “waglys” vir die betrokke Oord en die deposito is rentedraend terwyl hy/sy op die waglys is. Die betaling van rente word gestaak wanneer die persoon ‘n inwoner word. Hierdie deposito is na ‘n wagtyd van 6 maande terugbetaalbaar ten tye van onttrekking, ontruiming of afsterwe. Waglyste word afsonderlik bygehou vir beide enkel- en dubbeleenhede in die onderskeie aftree oorde.

Tydens toetrede word ‘n eenmalige, nie-terugbetaalbare intreefooi gehef wat ‘n bydrae is tot die onderhoud van die oord in die algemeen, maar ook indien nodig aangewend kan word vir die opgradering van dele van die spesifieke eenheid. Heffings is maandeliks vooruitbetaalbaar en onderhewig aan jaarlikse verhogings soos deur die Direksie bepaal.

Daar word voorsiening gemaak vir drie kategorieë verblyf, te wete:

  • Onafhanklike verblyf
  • Ondersteunde verblyf; en
  • 24-uur versorging.

Ondersteunde verblyf voorsien hulp met lewensaktiwiteite nadat inwoners se graad van afhanklikheid met behulp van assessering bepaal is.

Die Versorgingseenhede voldoen aan wetlike vereistes en bied 24-uur sorg aan verswakte inwoners.

Addisionele heffingstrukture word vir ondersteunde- en 24-uur versorgingsdienste bepaal en toegepas.

PERSONEEL

Die personeel komponent van Die Strand-Naastediens NPC bestaan uit ongeveer 230 permanente werknemers. Sekuriteit, Tuindienste en Spyseniering is tans uitgekontrakteer. Die Versorgingsdiens neem Geregistreerde Verpleegkundiges, asook ander kategorieë verpleeg- en versorgings personeel in diens om ‘n hoë kwaliteit van sorg te verseker.

BESTUURSPAN

Die daaglikse bestuur van die Aftree-oorde is die verantwoordelikheid van ‘n bekwame en gekwalifiseerde bestuurspan wat bestaan ??uit die volgende:

  • Algemene Bestuurder
  • Menslike Hulpbronne Bestuurder
  • Finansiële Bestuurder
  • 3 Eenheidsbestuurders (een vir elk van die oorde)

Map

Social profiles